Koos de la Rey

Jacobus Herculaas de la Rey
Koos de la Rey

Bynaam(e) Koos, Leeu van die weste
Geboortedatum 22 Oktober 1847
Geboorteplek Winburg, Oranje-Vrystaat
Sterfdatum 15 September 1914 (66 jaar oud)
Sterfplek Witwatersrand, Unie van Suid-Afrika
Lojaliteit Vlag van Oranje-Vrystaat Oranje-Vrystaat
Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Diens/Tak Royal Flying Corps
Britse Lugmag
Suid-Afrikaanse Lugmag
Rang Generaal
Veldslae/oorloë Basotho-oorlog van 1865
Sekhukhune-oorlog
Eerste Vryheidsoorlog
Tweede Vryheidsoorlog
Familie Jacoba Elizabeth (Nonnie) Greeff
Ander werk Parlementslid van Transvaal
Delegeer aan die Nasionale Konvensie
Senator
Generaal Koos de la Rey by sy perd
Koos de la Rey
De la Rey se vrou, Jacoba Elizabeth Greeff, hier afgeneem toe sy omstreeks 1916 voorsitster van Lichtenburg se Vroue-Helpmekaar was. Haar vader, H.G. Greeff, was in 1866 die stigter van die dorp Lichtenburg en het grond nagelaat aan die NG gemeente Lichtenburg vir 'n kerkplein en die bou van die gemeente se eerste pastorie.

Generaal Koos de la Rey (Jacobus Herculaas de la Rey) (22 Oktober 1847, Winburg – 15 September 1914, Langlaagte) was 'n Boeregeneraal gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en word geag as een van die grootste militêre leiers tydens daardie konflik. De la Rey was 'n diep gelowige mens en 'n sakbybel was selde nie in sy hande nie. Hy het 'n formidabele voorkoms gehad - 'n lang, netjies gesnyde bruin baard met 'n hoë voorhoof met gesonke oë wat hom 'n patriargale voorkoms gegee het.

Hy word algemeen beskou as die sterkste en mins inskiklike Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog en as een van die leiersfigure van Afrikanernasionalisme. As guerilla het hy besonderse sukses met sy taktieke behaal. De la Rey was gekant teen die oorlog tot die laaste, maar toe hy as lafaard beskuldig is tydens 'n Volksraadvergadering, het hy gesê dat as die tyd vir oorlog sou kom, hy sou veg lank nadat die wat koukus oor die oorlog al opgegee het. Die woorde sou later bewaarheid word.

De la Rey was beroemd vir sy rare gedrag teenoor sy vyande. 'n Voorbeeld hiervan is die voorval by Tweebosch op 7 Maart 1902 waar hy luitenant-generaal Lord Methuen saam met 'n paar honderd van sy troepe gevange geneem het. Die troepe is teruggestuur na hulle onderskeie oorlogslinies omdat De la Rey nie die bronne gehad het om hulle te onderhou nie, en Methuen is vrygelaat omdat hy erg gewond was en De la Rey gemeen het dat hy sou doodgaan sonder die mediese dienste wat slegs die Britte in daardie stadium kon verskaf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy